Naam
Wagwoord

Kontak Besonderhede

Kantoor:  0860 104 297 
Faks: 086 531 5988
e-pos: inligting@oranje.org.za

 
 

Jou goeie geld praat goeie Afrikaans - Anita Morkel


Terug na In die nuus

‘n Baie duidelike taalbewustheid gaan ‘n deurslaggewende rol speel in die behoud van Afrikaans as ‘n taal.

Dit beteken dat Afrikaners moet besef dat taal nie bloot ‘n onskuldige kommunikasiemiddel is wat gebruik word om funksioneel te wees nie. Taal is onlosmaaklik verweef met politieke, ekonomiese, godsdienstige en sosiale aspekte. Studies wat wêreldwyd gedoen is, toon dat diegene wat beskik oor die politieke mag ook bepaal wat gebeur met die tale van minderheidsgroepe binne hul landsgrense. Dit is dus nie ‘n unieke situasie nie, ook nie in Suid-Afrika nie. Sedert die magsoorname deur die ANC-regime word daar aangevoer dat elf tale geld as die landstale. Hierdie veeltaligheidsbeleid (op papier) is in die praktyk egter ‘n eentalige beleid met ‘n swart variant van Engels wat regdeur die spektrum gepraat word: in banke, winkels, biblioteke, staatsdiensdepartemente, polisiestasies, munisipaliteite, oor die radio en televisie. Deur hierdie Engels te praat, word egter ‘n gebrek aan (taal-)identiteit, (taal-) trots en nasionalisme getoon. U kan aanvoer dat u bloot ‘n diens wil hê, net ‘n doel wil bereik en hoegenaamd nie  nog die energie het om oor taalkwessies te besin nie.

Dink weer daaroor, en deurgrond dit baie deeglik. Op kort termyn gaan u waarskynlik vinniger u doel bereik, maar op lang termyn gaan u en u nageslag as Afrikaners die prys betaal, wat volks- én taalidentiteit betref.
Die prys word reeds betaal in velerlei vorme. Blankes se netto belastinglas het jaarliks gestyg, inaggenome die direkte en veral die indirekte belasting wat op ons afgewentel word. In 2005 was blankes se netto belastinglas R75 miljard (sosiale spandering deur die staat op blankes was in dié jaar R5 miljard) en dié van swartes was sowat minus R80 miljard (die sosiale spandering op hulle was R110 miljard). Hierdie belastinglas op nasionale vlak kan ook op plaaslike vlak herlei word na die herwaardering van eiendomme sodat die erfbelasting tot buitensporige vlakke gestyg het. Voeg hierby die styging in water- en elektrisiteitsvoorsiening
dan word daar maandeliks ‘n aardige som opgedok. Terwyl sommige nie twee keer sou dink om maar bloot op te dok en boonop nog Engels te praat met ‘n Engelspratende nie, behoort elkeen eerder hieroor te besin. Dink aan die kosbaarheid van ‘n Afrikanerskap, u geld se mag en u taal, Afrikaans se behoud. Die ineenstorting van munisipale dienste het daartoe gelei dat talle dorpe al dispute teen hulle plaaslike owerhede verklaar het. Dit beteken dat hul dienstegeld, wat weerhou word, in ‘n trustfonds betaal word. Intussen is daar verskeie van hierdie plekke wat ten einde raad maar self inspring om noodsaaklike dienste te verskaf. Die lede van belastingbetalersunies wat hierdie take verrig, ontvang nie salarisse nie. In hierdie lugleegte van geen dienslewering deur die sogenaamde owerheid, oftewel magshebber word daar uiteraard steeds volhard met ‘n Afrika-variant van Engels deur onbevoegde en korrupte amptenare. Die afdwinging van Engels as voertaal deur sodanige amptenare is uiteraard ‘n manier om belastingbetalende en wetsgehoorsame inwoners te laat verstaan wie beskik oor die politieke mag. Wie beskik uiteindelik oor die ekonomiese mag, kennis asook vaardighede, en waarom dit nie in die guns van Afrikaans benut nie?

Die sogenaamde argument dat iemand nie Afrikaans verstaan nie kan nogal vinnig afwater wanneer geld ter sprake is. Regdeur die spektrum het amptenare gedurende die afgelope 15 jaar gewoond geraak aan “die goeie lewe”, daarvan getuig buitensporige salarisse, bonusse, en ‘meriete’ bonusse asook grenslose korrupsie. Hierdie dekadente en dissiplinelose verval, het gelei tot geen dienslewering, misdaad, volksmoord op blankes, en vele ander vergrype. ‘n Onlangse opname  onder Internet-gebruikers gee ‘n aanduiding van mense se mening omtrent die weerhouding van dienstegeld. Altesaam 51% meen dat munisipaliteite moet voel as hulle nie wil hoor nie. En sowat 44% stem selfs vir totale belastingweerhouding. Hierdie opname in Sake24 roem nie daarop om wetenskaplik te wees nie, maar gee ‘n idee wat die publiek se opinie is. ‘n Behoorlike wetenskaplike meningsopname is ‘n duur onderneming, en dit sou goedkoper wees om so ‘n opname uit te brei om meer as byvoorbeeld net Internetgebruikers te betrek. Dit is egter insiggewend dat daar soveel mense is wat ten gunste van totale belastingweerhouding is. En sulke sprake kan daarop dui waarop sake in die land kan afstuur. Ja, totale belastingweerhouding weens die misdaad en volksmoord op blankes is glad nie so vergesog nie. Banke word onder andere ingespan om die ANCregime se welsynstoelae uit te betaal. Dit is welsynstoelae wat mildelik uit die staatskas kom waartoe die blanke se belasting ‘n beduidende bydrae lewer. Aan die einde van elke liewe maand kan gewone bankkliënte, veral op die platteland, nie eens meer daaraan dink om bank toe te gaan nie. Die lang toue swartes staan soms dae lank. Gaan egter wel uiteindelik in daardie einste bank en Engelspratendes poog om mens te forseer om hulle variant van Engels te praat. Die Oranje Sake Instituut met die onderskeie sakekamers, daarby ingeskakel, wat deurlopend gestig word, is ‘n positiewe stap wat geneem is om weer ekonomiese vryheid vir die Afrikaner te bekom. ‘n Volkseie bank, naamlik Oranjekas, is op die been gebring en sal eersdaags geregistreer word. Hierdie ekonomiese raamwerk kan net uitgebrei word, ook om Afrikaners en Afrikaans sterker te laat staan. Indien Afrikaners wel baie vriendelik, maar eweneens ferm aandring om in Afrikaans gehelp te word, sal die boodskap begin deurwerk dat Afrikaners hulle nie net goedsmoeds laat plathardloop nie. Elke Afrikaner is dit aan sy of haar taal verskuldig en des te beter as ons saamstaan en volhard om Afrikaans te praat in enige openbare plek. Trouens, die wêreldwye ekonomiese insinking veroorsaak dat die sakewêreld baie goed na hulle klante moet omsien. Laat u taaltrots blyk deur ‘n baie vriendelike aandrang op Afrikaans in winkels en restaurante. ‘n Taktiek wat uitstekend werk, is om bloot net nie oor te slaan na Engels nie, maar om deurentyd heel innemend met Afrikaans te volhard. Wees aldus altyd (taal-)bewus, en net so uiters nougeset daaromtrent soos omtrent u geldsake. Indien u beursie oopgaan, praat u geld immers (nes u) suiwer Afrikaans. Bring baie vriendelik, maar ferm die boodskap tuis dat u geld Afrikaans praat. Taaltrots dui immers op ‘n besef van ‘n eie volksidentiteit, volkstrots en aldus nasionalisme wat onkeerbaar voortstu. Wees bewus van die mag van u geld en koppel dit altyd aan die voortbestaan van u volk en Afrikaans.

Die Afrikaner - 20 - 26 Maart 2009