Naam
Wagwoord

Kontak Besonderhede

Kantoor:  0860 104 297 
Faks: 086 531 5988
e-pos: inligting@oranje.org.za

 
 

VOLKSEKONOMIE KRY HUPSTOOT DEUR NUWE SAKESTIGTING, Die Afrikaner


Terug na In die nuus


Etlike maande se beplanning deur 'n loodskomitee het vandeesweek gelei tot die stigting van die Oranje Sakestigking. Die komitee bestaan uit mnre. Dolf Buitendach, Clem de Klerk, Jan Beyers, Ben Geldenhuys en Henk van de Graaf.

Die gedagte het sy beslag gekry tydens vanjaar se tweejaarlikse algemene kongres van die Verkennersbeweging in die Willie Marais Afrikanersentrum in Pretoria. Die behoefte is daar uitgespreek dat sakemanne in sakekamers byeengebring moet word, sodat hulle mekaar kan ondersteun, en die Afrikaners weet wie is hulle sakemanne en hulle ondersteun, om sodoende geen volksgeld in vyandshande te laat beland nie.

Sakelui van 15 stede en dorpe het die stigtingsvergadering in die saal van TLU SA bygewoon, terwyl nog ses dorpe laat weet het dat hulle betrokke gaan raak, maar net nie die ver ent pad kon aandurf om die vergadering by te woon nie. Mnr. Dolf Buitendach, wat as sameroeper van die byeenkoms opgetree het, sê dat daar waarskynlik binnekort Oranje Sakekamers in sowat 25 plekke behoort te wees. Die Sakekamers affilieer dan by die Oranje Sakestigting, wat dan verantwoordelik is vir effektiewe kommunikasie tussen die verskillende sakekamers. Die Stigting sal namens sy lede by bestaande strukture verdere voordele beding, of alternatiewe strukture vestig tot voordeel van sy geaffilieerde Sakekamers.

Die Stigting moet ook namens sy Sakekamers op deurlopende basis navorsing doen oor nuwe ontwikkeling in die sakewêreld en vervaardigingsbedryf, en sal namens sy lede advertensies en verklarings uitreik om hulle saak te bevorder. Die doelstelling van die Oranje Sakekamers is om ondernemerskap van die Afrikanergemeenskap ter plaatse te bevorder, "om, as teenvoeter te dien teen die ongeregtighede van die hede, waar daar teen die Afrikaner in die werksplek gediskrimineer word; om voorkeur te gee aan indiensneming van ons eie volksgenote; om deur affiliasie 'n Handelsinstituut (Oranje Sakestigting) tot stand te bring om in diens van die Afrikanervolk en sy sakekamerlede, die gemeenskaplike sake-ideale te bevorder wat moet uitloop op selfstandigheid in eie reg", soos die reglement van die Oranje Sakekamer dit stel. Die Oranje Sakestigting sê in sy reglement dat hy Afrikaner ondernemerskap deur middel van spesiale projekte wil bevorder en uitbou Die verdere doelstellings van die Sakestigting lui dat beoog word om "Afrikaners ekonomies te versterk deur die vestiging van nuwe ekonomiese instellings; Afrikaners te rig met opleidingsprogramme ten einde volkseie ondernemings op professionele wyse te bedryf; Afrikaner sakemanne nader aan mekaar te bring, goeie onderlinge verhoudings op te bou en volkseie sakebelange te bevorder onder mede-volksgenote; die Afrikanervolk se kapitale kragte te verenig tot voordeel van sy ondersteuningsbasis; die huidige finansiële nood in die Afrikanergeledere op 'n verbeeldingryke wyse teë te werk deur dit te benader as 'n geleentheid waar volkseie arbeidsgeleenthede geskep kan word waar ons as volk weer grootliks in ons eie behoeftes kan voorsien; Sake-etiek te help vestig teen die huidige aanslag van korrupsie en swak standaarde; sakegeleenthede te vestig en te bevorder wat kan bydra om volksgenote wat die land verlaat het weer terug te bring; en om Sakegildes te stig.